Portada del podcast

Lewe Lig Dagstukkies

  • 13 Julie 2020 Bou jy binne of buite?

    12 JUL. 2020 · Die krag van enige stuktuur is geleë in sy fondament en die binne-struktuur wat alles bymekaar hou. Hoe swakker jou binne-struktuur hoe makliker gaan jy "crack" en later inmekaar tuimel. Bou en werk aan dit wat Jesus vir ons kom wys het. Seën vir jou weerk. Shalom
    Escuchado 4m 59s
  • 25 Mei 2020 God kan, wat ek en jy nie kan!

    24 MAY. 2020 · God kan, wat ek en jy nie kan! As ek en jy soms so in ons eie koppe en wêreldjies verdwaal en nie mooi weet wat is vandag of môre se pad nie, dan wil die Gees van God ons inlei in Sy waarheidspad. Kom word saam stil en besef net weer wie is die God wat jou uitnooi om Sy kind te word en saam met Hom die trek-pad te stap. Shalom
    Escuchado 5m 3s
  • 18 Mei 2020 Kom bid saam!

    17 MAY. 2020 · Kom bid saam! Wanneer die dinge in my hart rond lè en woorde dit nie mooi kan sè, huis dan is dit so wonderlik om te kan weet dat die Heilige Gees daardie sè aan God sal voorlè. Kom wees saam met ons by God en vertrou Sy Gees om dit te sè en te doen wat ons nie kan. Shalom
    Escuchado 6m 35s
  • 11 Mei 2020 U ken my!

    10 MAY. 2020 · U ken my! Die wonder van wie God is, is dat Hy elkeen van ons by die Naam ken. Nie eens net die Naam nie, selfs die getal van die hare op ons koppe. Ons kan Hom niks vertel waarvan Hy nie reeds weet nie. Ons kan Hom niks vra, sonder dat Hy alreeds weet, wat ons gaan vra nie. Al wat Hy vir ons begeer, is om Hom lief te hê en om Hom te ontdek vir wie Hy werklik is en wat Hy vir ons wil wees. Shalom
    Escuchado 5m 5s
  • 08 Mei 2020 Jack Russel presenteboks

    7 MAY. 2020 · Jack Russel presenteboks. Daar is min lekkertjes wat so lekker is, as om te weet dat jy iemand se dag gemaak het. Dit is in die gee van jou hart vir mense met wat jy doen en sê dat jy ewigheids-verskil maak. Gaan saai die liefde wat ek en jy so onverdiend ontvang sommer lekker wyd die naweek. Shalom
    Escuchado 5m 35s
  • 06 May 2020 Humility - being highly valued by God.

    5 MAY. 2020 · Humility - being highly valued by God. What other people think and say of me is becoming less important when I discover, that all that counts in life is, what God think and say about me. The closer I draw to God the lesser I also focus on others and their faults. Then I can start to enjoy my personal journey with God. Be blessed - Shalom
    Escuchado 5m 36s
  • 04 Mei 2020 Comfortzones

    3 MAY. 2020 · Comfortzones! Soms moet ons uit die nes geskop word, voordat ons, ons snoesige nessies verlaat. Die wonder van God se liefde en genade is dat Hy altyd daar is om ons te vang as ons vlerkies nie meer wil of kan vlieg nie. Hy weet dat as ons nie leer vlieg nie, gaan ons nooit die vreugde kan ken om saam met Hom op die wieke van die wind te sweef nie. Jy is gemaak om te vlieg - so vertrou Hom! Shalom
    Escuchado 5m 7s
  • 20 April 2020 OGGEND GEBED

    19 ABR. 2020 · Daar is niks in hierdie lewe wat ek en jy gedink, gesê, gedoen het, waarvan God nie weet nie. Van die foute na die oorwinnings, van die hoogste hoogtes na die diepste donkertes in ons lewens. Want Hy was altyd daar! Net soos wat ons nooit sou leer loop het as ons nie bereid was om na ons ouers se wagtende arms toe te strompel nie, sou ons nie gewees het wat ons is vandag is, as God se arms van liefde en genade nie altyd daar was om in te hardloop nie. Hardloop ook vandag in Sy arms in, som met die wegtrek van die dag. Shalom
    Escuchado 5m 6s
  • 17 April 2020 Liggaam van Christus

    16 ABR. 2020 · Liggaam van Christus. In wie se vel leef jy? Dis wanneer ons tuiskom in ons eie velle, dat ons ontdek dat ons onder God se vel en bevel begin leef. Dan ontdek ons dat Hy ons soveel meer kan en wil gee as wat hierdie wêreld ooit kan. Kruip onder Sy vel in en begin waarlik leef. Shalom
    Escuchado 5m 7s
  • 13 April 2020 Wat vat jy saam?

    12 ABR. 2020 · Wat vat jy saam? Waarheen jy gaan bepaal wat jy gaan stamvat asook die waarde wat jy heg aan sekere dinge. As ek en jy besef dat ons niks aardse goed kan stamvat hemel toe nie, waarom maal ons dan so baie dinge bymekaar wat net hier gaan agterbly? Dan besef 'n mens hoe waar dit is wat Jesus sê; "maak liewer vir julle skatte bymekaar waar mot en roes dit nie kan verniel nie." Waarheen is jy op pad? Shalom
    Escuchado 5m 7s

Begin jou dag met ‘n motiverings dagstukkie van 5 min saam met Charl Botha. Die lewe is ‘n “rollercoaster” en sy op & af vorm ons; van die laagtepunt van...

mostra más
Begin jou dag met ‘n motiverings dagstukkie van 5 min saam met Charl Botha. Die lewe is ‘n
“rollercoaster” en sy op & af vorm ons; van die laagtepunt van ‘n hartaanval na die hoogtepunt om die Comrades ultramaraton twee keer te voltooi. Daarom wil ek elke dag met ‘n passie leef en ek hoop ek kan vir jou ook lewens-inspirasie bied! Kom stap saam...
mostra menos
Contactos
Información

Parece que no tienes ningún episodio activo

Echa un ojo al catálogo de Spreaker para descubrir nuevos contenidos.

Actual

Portada del podcast

Parece que no tienes ningún episodio en cola

Echa un ojo al catálogo de Spreaker para descubrir nuevos contenidos.

Siguiente

Portada del episodio Portada del episodio

Cuánto silencio hay aquí...

¡Es hora de descubrir nuevos episodios!

Descubre
Tu librería
Busca